JOIN OUR MAILING LIST
Newsletters


2015-12-04
Desember 2015 December 2015 Christmas Season Important read


KERSSEISOEN REËLINGS:

Soos die Kersseisoen nader sluip wil ons graag van die geleentheid gebruik maak om julle en jul familie ‘n wonderlike Kersfees en ‘n jaar gevul met bates, mense en plekke wat julle begeer om te ervaar of  hê, toe te wens.  Ons wense ook dat Kersvader nie suinig sal wees die jaar nie en dat sy aflewering dit sal bring wat julle nodig het!  Ons het ‘n baie besige jaar agter die rug en sluit hierdie jaar ons kantore om 16:00 die 23ste Desember om vir almal ‘n welverdiende rus tydjie toe te laat tot die 4de Januarie 2016 wat ons weer almal terug op kantoor sal wees om julle by te staan met uitstekende diens!

Gebruik asseblief die volgende nood nommers wat 24/7 hulp sal verleen gedurende die periode wat ons gesluit sal wees.  Stoor jou polisnommer, maatskappy waar verseker en die toepaslike noodnommer op jou selfoon om te gebruik wanneer nodig!  As jy nie die inligting het of kan opspoor nie, bel asseblief voor die 23ste Desember vir Chantal by ons kantore: 012 345 1448/5105 om die inligting aan jou te voorsien.  Die inligting verskyn ook op jou polisskedule of in briewe wat ons na julle uitgestuur het in die verlede of op jou Versekeraar se webblad wat jy kan “Google”:

  • Santam Multi SOS – 0860 505 911
  • SIS Bystands diens (CLC) - Mutual & Federal Risk Financing/SIS – 0860 747 247
  • Quicksure Bystands diens – 0861 777 708
  • Auto & General Bystands diens – 0860 104 210
  • Discovery Insure Bystands diens– 0860 999 911
  • Momentum Bystands diens – 0860 784 767

Indien daar nood gevalle ontstaan en julle nie die bystands diens kan bereik nie, skakel gerus vir Elna Rudman by: 082 5761426 vir Korttermyn aangeleenthede  OF vir Pieter Rudman (082 7874669) vir Lewens en verwante asook mediese fonds noodgevalle.  Hou net ingedagte dat ons op plekke kan wees waar daar nie ontvangs is nie maar ons sal so spoedig moontlik probeer terugskakel.


PERSOONLIKE BESITTINGS:

Maak seker dat al jou waardevolle besittings gedek is in terme van die Algemene Alle Risiko afdeling van die polis vir die verlies van Persoonlike besittings en klerasie buite jou woning.  Hierdie afdeling dra gewoontlik ‘n perk per item wat verskil van maatskappy tot maatskappy en dus nie aanbeveelbaar vir duur items nie.  Duur items soos byvoorbeeld juwele, tablette, selfone, kameras, duiktoerusting ens. moet onder die Alle Risiko Gespesifiseerde afdeling verseker word met maak, model en serie nommers indien van toepassing vir die huidige vervangings waardes. 


KRAGONDERBREKINGS/STUWINGS/TOEVALLIGE BREEKSKADE:

Toevallige breekskade dekking moet onder die Huisinhoud gedek word teen ‘n addisionele premie wat afhang van die perk geneem, vir voorvalle van toevallige skades soos byvoorbeeld skade volgende skielike kragonderbrekings aan die Elektroniese/Elektriese toerusting in jou woning en verbind aan jou gebou byvoorbeeld die motor van motorhuis/hek, swembadpompe, alarms ens.  ‘n Limiet van R10, 000 of meer volgens behoefte kan geneem word.


HAEL SKADES:

Onthou om ‘n kombers in te pak vir die beskerming van jou voertuig tydens onverwagte hael storms of probeer, indien moontlik, vinnig skuiling soek. Versekeraars vereis dat jy hulle 24/7 noodnommer soos bo verskaf gebruik om hulle in staat te stel om jou na die korrekte hersteller wat spesialiseer in hael skade te allokeer.


MOTORHUUR:

Motorhuur word deur jou Versekeraar uitgekontrakteer.  Vir die periode van die motor huur is die kontrak dus tussen jou en die betrokke motorhuur maatskappy.  Ons stel voor dat jy hulle terme en voorwaardes deeglik bestudeer alvorens jy teken vir die voertuig.  Maak ook seker dat daar nie bestaande skades aan die voertuig is waarvoor jy agterna verantwoordelik gehou kan word, wat nie aangeteken word nie.  Die motorhuur maatskappye vereis ‘n petrol deposito wat terugbetaal sal word as hulle die voertuig terug ontvang in dieselfde toestand en met ‘n vol tenk petrol. Die deposito is gewoontlik meer as R1,000 en verskil van maatskappy tot maatskappy en sal met die bespreking van die voertuig aan jou verduidelik word.


ALARM WAARBORG:

Indien daar op jou polis aangedui word dat jy ‘n gekoppelde alarm het moet die alarm ten alle tye in ‘n werkende toestand wees en gestel wees as jy jou woning verlaat om dekking te geniet vir inbrake.  Maak dus seker dat die alarm wel werk deur hom te toets voor jy weggaan aangesien die maatskappy ‘n alarm verslag aanvra volgende ‘n inbraak wat moet aandui dat die alarm gestel was en dat hulle ‘n sein ontvang het.


INSLEEPDIENSTE:

Indien jy in ‘n ongeluk betrokke raak en insleep dienste benodig, bel asseblief jou 24/7 noodnommer.  Moet nie die eerste en beste insleepdiens wat by die toneel opdaag gebruik nie aangesien dit mag versoorsaak dat daar ‘n tekort ontstaan wat jy sal moet inbetaal omdat jy nie jou Versekeraar se gekontrakteerde insleepdienste gebruik het nie.  Insleepkoste en Stoorkostes het ons die afgelope maande gesien kan R12, 000 oorskry vir net ‘n paar dae aangesien die insleepdiens hulle eie verskaffers gebruik waarmee jou Versekeraar geen ooreenkoms het nie.  Hulle vra dan belaglike stoor fooie en weier om die voertuig vry te stel alvorens dit betaal word.  Die meeste Versekeraars bied ook insleepdienste vir meganiese skade na die naaste hersteller maar die perk verskil van maatskappy tot maatskappy.  Die Bystands diens van jou betrokke Versekeraar sal jou inlig wat die perk is en ook dit vir jou reël wanneer benodig..


Wees veilig daar buite en kontak ons gerus indien jy enige wysigings op jou polis verlang of advies benodig alvorens jy met vakansie gaan.


Kersgroete en wense vir ‘n uitstekende 2016 van:

Elna Rudman, Pieter Rudman, Vicki Herion (Britz) Chantal Du Plessis & Anel Jacobs – Elna Rudman Makelaars.

Nota:  Ons kalenders met fotos wat ons self geneem het die afgelope jaar in die Kruger Wildtuin en by die Victoria Valle in Zimbabwe sal binnekort gepos word.  Laat weet indien jy nie jou almanak ontvang teen die middel tot einde Desember nie.  Ons lewer af aan groter kliënte vir die gebruik van julle personeel ook.

Vriendelike Groete

Chantal du Plessis

Personal & Business Underwriting & New Business

An Authorised Representative that meets all the required honesty, integrity & educational standards

Short-Term Insurance

Elna Rudman Brokers can offer you solutions for your Personal and Business Insurance as well as Life, Investments, Annuities and Medical cover - contact us today for your Financial analysis!

a@erer.co.za cid:image002.gif@01C6A1C8.F2ED58D0  012 345 1448 / 5105 cid:image005.gif@01C6A1C8.F2ED58D0  086 723 3244

www.elnarudman.co.za        www.roald.co.za       

Elna Rudman Brokers cc, is an authorised Financial Services Provider (FSP No. 5186 ), licensed with the Financial Service Board.  The information contained in this communication, including attachments, is not to be construed as advice in terms of the Financial Advisory and Intermediary Services Act 37 of 2002 unless specifically referred to as Advice"

Financial advice does not guarantee that an investor will not suffer losses; but it mitigates the risk by ensuring that consumers are invested in regulated products through a regulated financial advice process,”

This e-mail and any accompanying attachments may contain confidential and proprietary information. This information is private and protected by law and, accordingly, if you are not the intended recipient, you are requested to delete this entire communication immediately and are hereby notified that any disclosure, copying or distribution of or taking any action based on this information is prohibited.


Back Back to top