JOIN OUR MAILING LIST
Newsletters


2015-01-21
19 January 2005 Newsletter


Geagte Kliënt

 

Die nuwe jaar is weer in volle swang en ons wil begin om julle te bedank vir jul getroue ondersteuning van die verlede. 

Die nuwe jaar is vol uitdagings vir ons almal en ons missie is om uitstekende diens aan ons kliënte te lewer soos in die verlede.  Direkte versekering word oral in almal se ore geblaas.  Ek kan u egter verseker dat die makelaar se rol in die bedryf nog nooit so belangrik was vir u soos juis nou nie.  Die nuwe wetgewing het ons almal verplig om te lisensieer, ons was van die eerstes wat die lisensie proses suksesvol afgehandel het, ons lisensie no : 5186.  Die Raad op Finansiële Dienste het  Elna Rudman as interne Voldoeningsbeampte aangestel en ons is sterk op die pad om al die kwalifikasies te bereik wat ons moet, voor die drie jaar daarvoor gegun, verstryk het.  Elna het reeds twee eksamens geskryf en 60 krediete verwerf, Jenny het een eksamen geskryf en 30 krediete verwerf en Pieter het ‘n NQF 7 status na aanleiding van sy verlede studies in Bemarking en hoef dus nie enige verdere studies nou aan te pak nie.

 

Ons wil graag aan u bekendstel dat ons ge-lisensieer is vir die volgende dienste :

  1. Korttermyn Versekering – Persoonlike Lyne en Besigheidsversekering
  2. Lewensversekering, Kategorieë : A B EN C
  3. Pensioenfondse/Annuiteite
  4. Mediese Fondse

Ons het ook verder ons aansoek by die Raad van Finansiële Dienste uitgebrei om die volgende dienste aan u te lewer :

  1. Ongelysde Aandele, Geldmarkte en Verbande

 

Met laasgenoemde beoog ons om aan ons kliënte die diens te voorsien om verbande op nuwe eiendomme wat u wil aankoop moeitevry te beding.  Verder kan ons u adviseer oor uitstekende beleggings opsies soos byvoorbeeld die tans baie gewilde Sharemax waar u aandele kan koop in Kommersiële sake persele.  Dit is vanjaar bekroon deur onafhanklike makelaars landswyd as die beste beleggingsopsie tans in die mark beskikbaar.

 

Nuwe verwikkelinge :

  1. Ons is nou ook ‘n PPS geakkrediteerde makelaar – bespreek gerus u PPS behoeftes met Pieter Rudman
  2. Ons bemark tans die volgende Mediese Fondse : Discovery Health, Momentum Health en Liberty Health
  3. Ons het tans kontrakte met die volgende Lewensversekeringsmaatskappye :  Liberty Lewens, Momentum Lewens,

Sanlam Lewens, Discovery Lewens, PPS en Sharemax vir beleggings

  1. Ons kan per afspraak vir u ‘n volledige Finansiële ontleding doen – maak seker dat u voldoende voorsiening vir u afhanklikes gemaak het en

      ewe belangrik vir u eie oudag en dat u genoeg voorsiening gemaak het vir boedelbelasting en eksekuteurs fooie.

  1. Ons het weer op versoek van Santam op kleiner skaal as in die verlede met hulle begin besigheid doen en sover

is die diens wat ons van hulle af kry goed en word dit noukeurig deur ons gemonitor.

  1. Die Korttermyn maatskappye wat ons tans kontrakte by het :

Mutual & Federal, Santam, Auto & General, Lleader/Regent en EVB/Constantia

 

ONS SIEN DAARNA UIT OM JULLE TOT DIENS TE WEES HIERDIE KOMENDE JAAR – BEL GERUS VANDAG NOG VIR ‘N AFSPRAAK OOR ENIGE VAN DIE BOGEMELDE AANGELEENTHEDE!!!

Diens is ons Trots!!

 

Elna  Pieter  &  Jenny

Elna Rudman Makelaars cc

Tel no : 012 3451448/5105

Fax no : 012 3453119

e-pos : Elna – elnar@netactive.co.za

e-pos : Pieter – rattie@netactive.co.za

Selfoon No : Pieter – 082 7874669

Selfoon No : Elna – 082 5761426

 


Back Back to top